Esegiël, Siener en Trump - Vaandel Uitgewers | Boervolk | Siener van Rensburg (2024)

Ons lees in Esegiël 37 dat God die profeet na ’n laagte geneem het wat vol dor bene was en waar Hy die profeet bevel gegee het om oor die bene te profeteer sodat hulle weer lewendig kan word.

Nadat Esegiël geprofeteer het, was daar ’n geruis en ’n beroering en elke been het na sy been gekom met senings op hulle en vlees en ’n vel is oor hulle getrek; maar daar was geen gees (lewe) in hulle nie.

Esegiël word toe aangesê om tot die gees te profeteer: “Kom aan uit die vier windstreke, o gees, en blaas in hierdie dooies, dat hulle lewendig kan word.”

En hy het geprofeteer en hulle het lewendig geword en op hulle voete gaan staan—’n ontsaglike groot leër!

Toe sê God vir Esegiël: Mensekind, hierdie bene is die hele huis van Israel. Kyk, hulle sê: Ons bene is verdor, en ons verwagting is verlore; dit is klaar met ons!

Maar juis in hierdie ‘verlore’ toestand kry hulle die belofte dat Hy hulle na Hom sal terugbring, want “Ek sal my heiligdom (tabernakel) in hulle midde vestig vir ewig …

So sal hulle dan vir my ‘n volk wees, en Ek vir hulle ‘n God wees…”

Net soos Esegiël het Siener van Rensburg ook geprofeteer dat daar twee leiers vir sy volk sal opstaan. Die een in bruin en die ander in grys. Eersgenoemde sal die volk wakker maak en versamel, terwyl laasgenoemde hulle geestelik sal opwek om weer die knie voor Hom te buig.

Ons het dit ook by Bloedrivier gesien met Andries Pretorius en Sarel Cilliers.

Daarom wil ek my verstout om te sê dat ons met die huidige gebeure in Europa, Rusland en Amerika ’n merkwaardige beeld gekry het van ‘dor bene’ wat bymekaargebring word om uiteindelik weer ‘lewendig’ voor hulle Skepper te staan.

Ook is daar min twyfel dat die blanke Westerse wêreld al jare lank geestelik niks anders was as dor, doodsbeendere wat oor die aarde (laagte) verstrooi gelê het nie.

Die ondergenoemde regsgesinde leiers waarskynlik elkeen ’n tipe van Siener se ‘man in bruin’.

Want kyk ons na wat in Europa plaasvind, sien ons as ’t ware die eerste fase van Esegiël se profesie waarin die verskillende volke agter behoudende leiers versamel. Mense soos Geert Wilders (Nederland), Norbert Hofer (Oostenryk), Marine Le Pen (Frankryk), Beppe Grillo (Italië), Siv Jensen (Noorweë), Nick Griffin, (Brittanje), Udo Voigt (Duitsland), So ook is Poetin van Rusland en nou ook Trump van die VSA se hooftaak dus niks anders as nie as om hul medevolksgenote uit hul doodslaap op te wek nie.

En ek glo die Vader gebruik hierdie leiers ook net as instrumente vir hierdie doel; want na wat ons hoor en sien, is nie een van hulle geestelik toegerus om hulle volgelinge tot Hom te laat terugkeer nie.

Daarvoor moes Esegiël die ‘Manne in Grys’ vanuit al vier windrigtings roep om ‘lewe’ in hulle te kom ‘blaas’.

En óns ‘man in bruin’ sal soos ’n Moses van ouds ’n ware ‘geroepene’ wees wat die Boervolk met woord en daad sal wakker skud, versamel en ook geestelik sal lei totdat hulle weer (soos by Bloedrivier) die knie voor God buig en dan gewilliglik enduit elke tree van die smeltkroes-pad met Hom sal gaan.

’n Pad wat opnuut, soos byna 180 gelede, van Dingaan se kraal af tot op die walle van Bloedrivier sal loop…

Die verderwer se heerskappy

Op ’n dag het ’n heidense koning Jakob (Dingaan) Zuma, opgestaan en gesê: “Deur die krag van my hand het ek dit gedoen en deur my wysheid, want ek is verstandig; en die grense van die volke het ek verwyder, en hulle voorrade het ek geplunder; en die wat op trone sit, het ek soos ‘n maghebber neergewerp. (Jes. 10:13).

Hierdie vernietiging van ons landsgrense, die stroping van ons voorrade en die onttroning van volksleiers het 40 jaar gelede (1966) in alle erns begin. En ons is met leuens en valse beriggewing gebreinspoel om dit maar gelate te aanvaar.

Siener het voorspel dat dit nog ons voorland sou wees toe hy in ’n gesig ’n dik muur gesien het, met agter die muur ’n hewige vuur. Die muur is, volgens hom, die Sensuurraad. Hy sien ook dis donker omdat al die kerse van inligting doodgeblaas is — dit beteken ons word willens en wetens deur die media mislei, bedrieg en belieg — met ander woorde die inligting wat aan ons oorgedra word, is alles vals (in Trump se woorde ‘fake news’) — want niemand weet meer wat in die wêreld aangaan nie.

Hy het ook gesê al hierdie dinge sal saamval met ’n wêreldwye toename van geweld en bloedvergieting wat sal voortvloei uit hernieude rasse-onluste; en hy het geprofeteer dat dit in Europa gaan begin, waarna dit oor die res van die wêreld sal versprei:

(Aan die Weste kant (Europa) is een wit doek (’’n simbool van rasegtheid) Toe gaan die wit doek oop en toe is daar wit boontjies in, (wit boontjies verwys na mense met dieselfde erflike eienskappe — in hierdie geval die blankedom) en die (boontjies) gaan oor die hele wêreld —m.a.w. patriotisme en nasionalisme sal teen alle verwagting in wêreldwyd toeneem).

Die Britse eerste minister Theresa May het in ’n onlangse mediaverklaring as ’t ware die Siener se profesie bevestig toe sy gesê het “…die Verenigde Koninkryk en Amerika moenie inmeng in ander lande se sake nie en ook nie probeer om die wêreld na hulle beeld te verander nie.”

Hiermee het sy erken die dae getel is dat Brittanje en die VSA soewereine lande kan dwing om te verander soos hulle dit wil hê.

Die Alwyse het lankal geweet sy ‘wit boontjies’ kan nié met die bont-, swart- en anderkleurige boontjies meng nie en daarom gaan Hyself weer grense tussen die nasies instel.

Ons beleef nou die tyd waarvan Jesaja gepraat het: “En soos ’n gemsbok wat gejaag word, en soos kleinvee wat niemand bymekaar maak nie, sal hulle elkeen draai na sy volk toe en elkeen vlug na sy land toe…” (Jes. 13:14).

Dis ook die begin van die heiden se ondergang. (Num. 20:24). Hy het sy regverdige kans gehad, sodat hy nie later voor Yahweh kon staan en sê: “Ek is nooit die kans gegun om te wys waartoe ek in staat is nie!” Maar soos verwag kon word, het hy sy ‘kanse’ verspeel, want as die geskape verderwer, kon hy niks anders doen as om net te plunder en te verniel nie.

Eeue lank is die patriot-nasionalis deur die liberale demokraat en sy gunsgenoot (die verderwer) verdruk, verag, verguis en met allerhande diaboliese wette gedwing om wat sleg is goed te noem en wat goed sleg; om te sê die duisternis is lig en die lig duisternis, en dat bitter soet smaak en soet bitter.

Dit was eers met die verskyning van die Nasionale Front Party (1972) in Frankryk wat vir ons gewys het dat die tyd van die linkse dwaas verby is en dat die regse wyse begin ontwaak. Hy het eensklaps besef hy is nog ’n volk in eie reg, met ’n eie identiteit en dat hy oor ’n eie vaderland beskik.

Die bordjies is nou verhang en dit lyk of die regse leier van die NFP, Marine Le Pen, ’n baie goeie kans het om in Mei vanjaar die Franse verkiesing te wen.

Ander Europese lande waar Siener die ‘wit boontjies’ sien uitloop het, is Duitsland met sy Alternatief vir Duitsland Party. Die leier Frauke Petry, het hieroor een aand in Bavaria aan haar gehoor gesê: “Het jy hom*ofobiese, xenofobiese en buitengewone regse neigings? Dan het jy na die regte plek gekom. Dankie vir jou stem!” Sy word beskou as die gewildste leier sedert Adolf Hitler.

Die Nederlandse Party vir Vryheid onder leiding van Geert Wilders, eis dat alle Islamskole in Holland gesluit word en dat die etnisiteit van elke Nederlandse bewoners aangeteken word. Tydens ’n meningspeiling in November het die party die voortou geneem vir volgende jaar se verkiesing.

Die Goue Dagbreek Party (Golden Dawn) in Griekeland se leier, Nikos Michaloliakos, is in September saam met ander partylede in hegtenis geneem op grond daarvan dat hulle Nieu-Nazisme en geweld aanblaas. Maar die party strewe net daarna om Griekeland en die volk se eeue oue tradisies weer aan die Grieke terug te gee.

Net so het verregse partye in Swede, Oostenryk, Hongarye en Slowakye ook in die afgelope tyd ontwaak en vinnig opgang gemaak.

Maar die ‘wit boontjies’ het nie daar bly lê nie. Dit het na die res van die wêreld versprei, net soos Siener voorspel het. Wladimir Poetin het op die toneel verskyn as ’n man wat lojaal is teenoor sy volksgenote en openlik erken dat alles wat hy doen, doen hy vir sy God, sy volk en Moedertjie Rusland.

En kort voor lank het die wit boontjies op Amerika se strande uitgespoel en was Donald Trump die een wat dit opgevang het.

Die ‘wit boontjiegolf’ kan nie meer gestuit word nie!

Asof hy Siener se gesig in verband met die vals, verdraaide nuusmedia onder oë gehad het, het Trump verlede maand die volgende skrywe aan Fake News-CNN gerig:

“Dear CNN:

“We’re hosting the Deploraball at the Press Club because we support quality journalism. We sincerely want to rebuild trust with the media. Unfortunately, we feel your coverage during the election was biased to the point of being irresponsible. We question your integrity as an institution of journalism. Therefore, we will not be issuing you press passes.

“Please note that this is not a partisan issue. We have issued passes to journalists from the New Yorker, New York Magazine, FOX, and others. We simply want to be covered fairly and have no confidence that you would do so.”

Obama in samewerking met Hillary Clinton, George Soros, CNN en ABC News het alles in hul vermoë gedoen om ’n wêreldkonflik met die revolusie in die Oekraïne te begin, maar hulle poging is deur pro-Russiese betogings in Feb. 2014 in die wiele gery.

Die vrou en die adder

Fox News het al so ver terug as 13 September 2001 die lugaanvalle op die New Yorkse Handelsentrum beskryf as die openingskote vir die begin van die 3de Wêreldoorlog.

Vandag lyk dit of Fox News nie so ver verkeerd was nie, want op 3 Maart 2003 val Amerika Irak binne om Saddam Hoessein te onttroon. Hy word op 30 Desember 2006 vermoor, maar pleks daarvan dat die oorlog beëindig word, het dit nie net onverpoosd voortgegaan nie, maar is verskeie ander Arabiese lande, soos Tunisië, Egipte, Yemen, Libië en Sirië ook aangeval en verwoes.

Op 29 Aug. 2010, het die Libiese leier, kolonel Muammar Gaddafi in ‘n toespraak in Rome die Weste en veral NAVO profeties gewaarsku dat onwettige immigrante uit Afrikastate en die Ooste Europa nog in ‘n Nuwe Afrika gaan verander… “Europa loop die risiko om ‘n swart staat te word,” het hy gesê. “En ons het die Europese Unie se hulp nodig om hierdie Leërmag barbare te stuit. Wat gaan blanke Christene se reaksie wees oor die inval van hierdie verhongerde, onopgevoede barbare? Ons moet saamwerk om iets daaraan te doen!”

Esegiël, Siener en Trump - Vaandel Uitgewers | Boervolk | Siener van Rensburg (1)

In plaas daarvan om na hom te luister, is hy in Oktober 2011 wreedaardig deur Amerikaansgesteunde rebelle vermoor!

Maar Gaddafi was reg, want sedertdien het miljoene onwettige immigrante Europa uit Afrika en die Ooste binnegestroom.

Miskien het Trump nie Gaddafi se profetiese waarskuwing vergeet nie, want kort na sy inhuldiging, het hy ’n byna soortgelyke profetiese boodskap aan sy mense oorgedra:

Onder die opskrif: “Donald Trump Just Released Horrifying Video to Warn Americans — Claims He ‘Had to Do It’…” het hy die Amerikaanse volk met ’n ou sprokiesverhaal laat regop sit.

Van al die presidente die afgelope eeu was dit net Trump en John F. Kennedy wat erken het dat Amerika op die afdraand is en dat hulle iets daaromtrent gaan doen.

Hierdie besluit het Kennedy sy lewe gekos, terwyl Trump in die eerste twee weke van sy ampstermyn reeds 13000 doodsdreigemente ontvang het.

In aansluiting by Gaddafi beskou Trump die huidige instroming van immigrante na Europa en die gepaardgaande terroriste-aanvalle op blanke Europeërs, as ‘n Trojaanse perd-situasie — die Grieke (Moslems) is weer besig om Troje (die Westerse beskawing) binne te val.

Hy vergelyk dit met die sanger Al Wilson se liriek van die vrou en die adder wat in 1968 geskryf is. Volgens Trump hou die woorde van die liriek ‘n ernstige waarskuwing in van wat met Amerika (en die res van die wêreld) kan gebeur as daar nie betyds opgetree word nie.

Aan die hand van Wilson se liedjie het hy sy volksgenote gemaan: “Ons land staan op die punt van totale ineenstorting; en uiters dringende en akkurate stappe is nodig om die vernietiging van die Amerikaanse leefwyse te voorkom…”

Trump het sedert sy oorname nie net die demokratiese liberaliste in verwarring gedompel nie, maar ook hulle geloofwaardigheid verpletter. Hy het die werkersklas se oë oopgemaak vir die verraad en bedrog wat gepleeg is om hulle jare lank in armoede en ellende te hou, net sodat die elite in rykdom en weelde kon leef.

Maar dis nie net die liberaliste in Amerika wat bloedneus gekry het nie, dit gebeur dwarsoor die wêreld. En uit weerwraak volg die ‘verontregte’ linkse dwaas die voorbeeld van sy boesemvriend, ‘Meneer de Barbaar’ deur alles waarop hy sy hande kan lê, te plunder, brand te steek en te verwoes.

Trump se verkiesing as president was vir die gepeupel dus net ’n springplank (verskoning) om tot aksie oor te gaan. En hulle gaan presies te werk volgens die reëls wat Sal Alinsky in sy boek ‘Rules For Revolution’ in 1971 neergelê het. Alinsky se bekendste slagspreuk is dan ook ’n skaamtelose leuen, of liewer ‘fake news’: “Mag is nie wat jy het nie, maar wat die vyand dink jy het.”

Esegiël, Siener en Trump - Vaandel Uitgewers | Boervolk | Siener van Rensburg (2)

Een van sy ander ‘reëls’ vir die stigting van anargie is dat jy as betoger nie geëien moet word nie. Ons sien dit op TV waar hierdie bendes optree — die meerderheid kruip agter maskers weg.

Hulle word al dekades lank deur die Hongaar George Soros met ruim vergoeding tot massa-aksie aangehits. Soros besit sowat 60 organisasies dwarsoor die wêreld wat uitsluitlik befonds word om chaos te skep, polisie-optrede aan bande te lê, revolusies te stook en wettig verkose regerings tot ’n val te bring. Oor die jare het Soros-agente al duisende lede vir hierdie doel gewerf en vir elke ‘optrede’ word hulle mildelik vergoed.

Maar tog lyk dit of Soros en veral Hillary Clinton dalk eersdaags ander deuntjies gaan sing. Trump het pas die knap Amerikaanse staatsaanklaer Trey Gowdy opdrag gegee om Hillary te ‘ondersoek’ en vas te stel of sy haar nie met die e-posdebakel tydens die Benghazi-fiasko aan hoogverraad skuldig gemaak het nie. Dieselfde geld vir Soros met sy venynige verset teen Amerika se wettige verkose president —hy sal ook waarskynlik eersdaags daarvoor verantwoording moet doen.

Hier by ons pols die verraaiersbloed net so sterk in die are van die verlooptes, indien nie sterker nie, maar hier is nog niemand om dit af te bind nie.

Niemand nie!

Die lokasie-sirkus

Met Donderdagaand 9 Feb. se lokasie-sirkus in ‘n plek wat genoem word die ‘Paarlemint’ het ons ‘n aanskouingsles gekry van wat daagliks ook in die res van die land gebeur.

Dit het in 1990 begin toe De Klerk een oggend besluit het om Klaas ‘n ‘wardrobe’ pasella te gee waarin daar ‘n suit, ‘n tie en blinkleer Tanino Crisci-trappers was. En van daardie dag af het Klaas met rasse skrede gedaal tot wat hy vandag is, Honourable Member.

Die vuisgevegte, pepersproei, kopstampe en bloedbekke wat ons vanaand gesien het, was maar net ‘n voortsetting van die Honourable Members se vertonings buite die mure van die Paarlemint. Sedert begin 2016 was ons reeds 2680 keer getuie van sulke hel-en-paraffien Honourable Member-glansoomblikke!

Het Siener dan nie gesê ons moet na die parlement kyk nie, want dis waar ons moeilikheid gaan begin.

En asof hy dit wil beaam, waarsku Ngaba Bhanga van die Nelson Mandela-baai se burgermeesterskomitee: “Suid-Afrika staan op die voorstoep van ’n diktatorskap.”

Maar so stil-stil het daar iemand op die toneel verskyn wat dalk weer aan die Honourable Members hulle Klaas-status kan terugbesorg. En daardie persoon is niemand anders as Gerrie Nel nie — die blink ster aan die staatsaanklaer-hemeltrans.

Hy het mos korte mette van wetsoortreders soos Schabir Shaik en Oscar Pretorius gemaak.

Op 1 Februarie het hy ‘n kantoor in die Afriforum (alias die Doringbosregering in afwagting) se luukse ‘Nkandla’ in Centurion betrek. As ‘n man van geregtigheid is dit dan ook sy hoofdoel om “korruptes wat nie deur die staat vervolg word nie,” hof toe te sleep, want hy “wil seker maak dat geregtigheid geskied.”

Die groot vis wat Gerrie en Afriforum natuurlik in die oog het, is ongetwyfeld Jakob (hê-hê-hê) Zuma. En dit lyk of sy vervolging Afriforum se eerste tree gaan wees om die Doringbosregering (alias Siener se mofskape) in die Paarlemint te kry.

Maar hoe het Siener nou weer gesê: “…ek sien ek kap die doringbos wat in ons volk se pad staan af.”

Selfs ‘n briljante Gerrie Nel, lyk my, gaan hierdie keer nie die Man op die Regterstoel met sy betoog kan oortuig nie!

En dan?

Is daar nog ’n volk…?

Met die publikasie van Vlug vir die strafgerig deur Francois Richter in 1995, het hierdie gebed by my opgekom:

“Genadige God, waar is daar nog ’n volk met soveel ruggraatlose papperds onder sy manne?

“Waar is daar nog ’n volk wat tjoepstil bly sit en toekyk terwyl sy erfenis, sy kinders, sy geestesgoedere, ja, alles wat syne is, voor sy oë geroof en geplunder word?

“Wys my nog die volk wie se parlement deur ’’n skreeuende, dol rowerbende bestuur word!

“Wat alles wegdra wat voorkom en waarvan baie uit die tronke vrygelaat moes word sodat hulle die landsbestuur kon oorneem.

“Waar is daar nog so ’n volk?

“Ons wag op ’n Verlosser, ’n Moses, ’n Elia, want ons kan nie meer ons hand voor ons oë sien nie.

“Ons is bannelinge, uitgestoot as bedelaars langs die paaie.

“Ons roep tot God, maar Hy antwoord nie…”

Nou staan ons voor daardie donkerste tyd in ons geskiedenis; ons leiers het namens ons reeds alles was ons s’n was en kon wees aan die verderwer weggegee; en die nasies juig daaroor, want dis verby met die Boervolk! Dis verby, sê hulle — hy bestaan nie meer nie!

En juis dan beland hierdie beriggie op my tafel, en ek voel lus om eenkant op ’n klip te gaan sit en huil:

“Die Barragepolisie en ‘n polisiehelikopter saam met die AfriForum-buurtwag en sekuriteitsmaatskappye het Gerhardus (Gerrie) Mulder’n week gelede op die stokkiesdraaipad vasgetrek.

“Voorlopige onbevestigde inligting dui dat Mulder en twee vroue Dinsdagaand 31 Januarie op ‘nNanescol kleinhoewe gekuier het. ‘n Stryery het ontstaan en Mulder het sy vriend mnr. Erasmus, met ‘n mes doodgesteek. Erasmus en Mulder was albei uit op borg.

“Die twee vrouens, Melissa en Mariska, het toe met die lyk agterin die motor rondgery en selfs ’n partytjie in Parys gehou voordat hulle Erasmus in ‘n vlak graf in Vaalpark begrawe het.

“Mulder se meisie het egter iemand vertel wat toe die polisie oor die moord gekontak het en hy is kort daarna in hegtenis geneem.”

Is daar nog ‘n volk met ‘n lot
meer tragies as my volk?

‘n Volk sonder gewete?
‘n Volk sonder omgee-liefde?
‘n Volk sonder koers of rigting?
‘n Volk sonder hawe of heenkome?
‘n Volk sonder grense?
‘n Volk sonder erfenis?
Maar bowe alles —
‘n Volk sonder God…?

Esegiël, Siener en Trump - Vaandel Uitgewers | Boervolk | Siener van Rensburg (2024)

References

Top Articles
Latest Posts
Article information

Author: Duncan Muller

Last Updated:

Views: 6368

Rating: 4.9 / 5 (59 voted)

Reviews: 82% of readers found this page helpful

Author information

Name: Duncan Muller

Birthday: 1997-01-13

Address: Apt. 505 914 Phillip Crossroad, O'Konborough, NV 62411

Phone: +8555305800947

Job: Construction Agent

Hobby: Shopping, Table tennis, Snowboarding, Rafting, Motor sports, Homebrewing, Taxidermy

Introduction: My name is Duncan Muller, I am a enchanting, good, gentle, modern, tasty, nice, elegant person who loves writing and wants to share my knowledge and understanding with you.